Class of 92 Train Trip Reunion

Matriek Reunie 2012 Ficksburg(Kanne)

Twintig jaar gelede het ons matriek geskryf dit was die laaste matriek klas van die sg kanne,in 1993 sou die kanne(Hoerskool Ficksburg) en die HTS Sixies skole saamselt en sou jare en jare se ou tradisies daarmee saam in die graf gaan.

Wel dit was nou tyd om reunie te hou en Maart het ons die datum vasgemaak 21 September 2012 sou ons reunie hou.

Die mense was aanvanklik traag want dit is moeilik om met die kinders so ver te reis en wat doen hulle in Ficksburg?

Dis toe dat ons die idee kry om Sandstone te vra of ons die Saterdag daar kan deurbring,ou trekkers,stoomtreine,weermagvoertuie asook afrikanerosse wat meer wil ‘n kind nou vra.Ons het dadelik die program op ons facebook blad geplaas en skielik was daar beweging onder die ou matrieks almal weet van Sandstone maar wat gaan daar rerig aan,opgewondenheid het begin borrel en almal het begin uitsien na ‘n reunie vol opwinding en verwagtings.

Op 21 September maak almal hulle verwagting op Sandstone en niemand kon glo wat hulle sien nie want sien ons het in Standard 9 ‘n biologie uitstappie na Hoekfontein gehad saam met Juffrou Barrett dit was in 1991 en Sandstone het onstaan in 1996 op die einste plaas Hoekfontein.’n Nuwe wereld het oopgegaan geboue en store groter as enige Amerikaanse plaas,kantore en vergaderfassiliteite van wereld gehalte,’n treinsatasie met ‘n stoomtrein wat aangerol kom beeste skape trokke en trekkers als waarvan ‘n afrikaanse boerseun van droom.Die manne was meer in hul noppies as die seuns self.

Daar aangekom het ons ons lekker tuisgemaak in die wonderlike fassililteite wat Sandstone bied en toe is almal na die Afrikanerosse klaar ingespan reg om die groot trek aan te durf met die eertydse ou ossewa,daarna het ons teruggaan in tyd na al die ou trekkers treine en voertuie wat vandag op Sandstone bewaar word vir die nageslagte.Die stoomtrein was ‘n hoogtepunt die kinders en almal daar sal dit nooit vergeet die gevoel die wind deur ons hare en asemrowende uitsigte wat geen woorde ooit kan beskryf nie.

Sandstone is ‘n juweel op die rand van die Caledon in die Vrystaat, dis ‘n bewaringsmekka wat bewaar moet word vir geslagte wat kom nie net vir Suid Afrika maar ook vir die wereld.

Ons klas van 92 kan net se dankie Wilfred Mole vir die ongelooflike ervaring wat mens op Sandstone ervaar en ook baie dankie dat jy soveel van jou tyd oor die jare spandeer het in bewaring vir die nageslagte wat kom, u los ‘n skat wat geld nie in geld gemeet kan word maar in tyd en ons hoop die legende leef vir honderde jare in die toekoms in.

Ons salueer u.

Matrieks 92’’

25_September_2012_027

25_September_2012_028

25_September_2012_030

25_September_2012_009

25_September_2012_010

25_September_2012_011

25_September_2012_012

25_September_2012_013

25_September_2012_014

25_September_2012_015

25_September_2012_016

25_September_2012_022

25_September_2012_025 

Leave a Reply

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.